• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 1
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 2
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 3
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 4
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 5
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 6
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 7
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 8
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 9
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 10
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 11
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 12
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 13
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 14
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 15
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 16
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 17
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 18
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 19
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 20
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 21
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 22
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 23
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 24
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 25
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 26
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 27
• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”, photo 28
For SaleHouse

• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”

2 bedrooms 2 bathrooms

Description

GRASDAK HUIS MET 2 SLAAP- EN 2 EN-SUITE BADKAMERS, MOOI UITSIG EN RUIM LAPA IN DIE GEWILDE DIE OOG AFTREE LANDGOED Hierdie huis op Die Oog Aftree Landgoed bied ’n oop ruimte aan die voorkant met ’n pragtige uitsig oor ’n waterloop en mooi, gevestigde bome – ’n besonder rustige en natuurlike omgewing. Die huis beskik oor twee slaapkamers en twee badkamers, asook ’n sitkamer, kombuis en ’n ekstra klein vertrek wat perfek ingerig kan word as ’n stokperdjie-kamer of tuiskantoor. Daar is ook genoeg ruimte vir 'n ekstra enkelbed. Die lapa is buitengewoon groot en gerieflik naby die huis geleë, wat dit effektief deel maak van die leefarea en ideaal is vir ontspanning en onthaal. Hier is waar jy jou dae sal deurbring en die natuur en dierelewe geniet. Jy stap in by hierdie grasdak-huis deur ’n hekkie wat toegang gee tot die ruim lapa met ’n ingeboude braai. Van hier af betree jy die huis deur die kombuisdeur of skuif glasdeur, waar ’n knus maar gerieflike kombuis met voldoende kasruimte jou verwelkom. Vanuit die kombuis is die sitkamer aan die regterkant, met die kantoor-/stokperdjie-kamer aan die verste punt. Aan die linkerkant van die kombuis is die hoofslaapkamer met ’n en-suite badkamer wat toegerus is met ’n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer, wat ook 'n deur in die kombuis het, beskik oor ’n en-suite badkamer met ’n stort, wasbak en toilet. Die grootste voordeel van hierdie eiendom is sy uitstekende ligging – ’n ideale keuse vir persone wat wil afskaal, maar steeds oop ruimtes en die natuur wil geniet. Die tuin word gereeld besoek deur wild soos bosbokkies, njalas en kleiner diertjies soos gebande muishondjies, wat dit besonder aantreklik maak vir liefhebbers van die natuurlewe. Bykomende voordele van eiendomsbesit in Die Oog Aftreelandgoed sluit in toegang tot ’n gemeenskaplike warm swembad, gesubsidieerde etes by die restaurant teen ongeveer R63 per maaltyd, asook "frailcare"-dienste teen ’n billike tarief. Die leuse van Die Oog is “aktiewe veroudering”, en inwoners kan deelneem aan ’n wye reeks aktiwiteite soos putt-putt, jukskei, biljart op die stoep, gesellige kuieraande, lyndans, asook oefenprogramme soos Pilates, MAP en wateraërobiese klasse. Daar is ook ’n klein gimnasium met die nodige toerusting. Kom geniet jou laaste tuiste in ’n veilige omgewing, met ’n aktiewe leefstyl, ’n omgee gemeenskap en alles wat jy benodig binne maklike bereik. Alhoewel alle redelike pogings aangewend is om die akkuraatheid van die inligting te verseker, aanvaar Century 21 Bushveld en sy agente geen aanspreeklikheid vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet deur voornemende kopers onafhanklik geverifieer word.

Features

24 Hour Response
Yes
Built In Braai
Yes
Smoking Allowed
Yes
Lapa
Yes
Clubhouse
Yes
Garden
Yes
Paveway
Yes
Security Post
Yes
Safe
Yes
Wendy House/Shed
Yes
Blinds (If Purchaser is not interested in the blinds the Seller will remove it)
Yes
Cupboard in 2nd Bathroom (Negotiable)
Yes
Cupboard in Bedroom (Negotiable)
Yes
Cupboard in Study (Negotiable)
Yes